242 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 242 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Walvisbaai het 41, Tsandi 27, Windhoek 18, Okahao 15, Swakopmund 14 en Oshakati 13. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 3 794 aktiewe gevalle, met 115 387 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 122 469.