Die stilte oor Geingob-familie in Dubai is oorverdowend

Reaksie word ontvang op die terugvoer wat die Presidensie se woordvoerder, Alfredo Hengari, gegee het oor die ellelange besoek aan Dubai, deur ‘n reuse-Namibiese afvaardiging, by COP28. Die politieke kommentator dr. Henning Melber, die navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa-instituut sê die stilte oor die presidensiële egpaar se kinders en familie, wat saam gereis het, is oorverdowend.

Dr Melber sê dat die president sy eie mantra moet volg wat sê “deursigtigheid en aanspreeklikheid is gelykstaande aan vertroue”.