Ministerie verloor poging tot appèl, teen dooie man

Die ministerie van veiligheid en sekuriteit het sy kondonasie aansoek om te kan appelleer in die hooggeregshof, teen ‘n dooie man, verloor. Die ministerie wou ‘n hofoorwinning vir Gilbert Gregory Naomab, vir onregmatige arrestasie, omkeer. Die hoërhof het op 11 Maart 2022 skadevergoeding van 60 000 Namibiese dollar aan Naomab toegeken. Die 31-jarige is einde van daardie maand dood aangetref op die strate van Swakopmund. Hy was haweloos en is doodgeslaan. Hooggeregshof-regters Naomi Shivute, Dave Smuts en Esi Schimming-Chase het eenparig die kondonasie aansoek vir onvolledige rekords geweier en bygevoeg dat die ministerie ‘n uiters skraal kans het dat die appèl sal slaag. Die saak is van die rol geskrap en ministerie moet die kostes dra.