Die Springbokke oppad na Skotland

Die Springbokke reis vandag na Edinburg om vir die tweede toets Saterdag teen Skotland voor te berei. Die hoofafrigter van die Springbokke, Jacques Nienaber, sê die Suid-Afrikaners se stamina het hulle gehelp om uit te hou teen Wallis en die aanvangstoets met 23-18 in ‘n nat Cardiff te wen. Dit het die span se agt-jaar-lange wen-droogte in Wallis gebreek. Malcolm Marx het die enigste drie van die wedstryd gedruk. Frans Steyn is op 34-jarige ouderdom as die speler van die wedstryd aangewys. Hy het Damian Willemse in die eerste helfte vervang.