Die ondersoek na die besteding van August 26 duur voort

Die beskuldigings teen August 26 hang nog steeds oor die hoof van die regering. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vroeër gesê die regering sal binnekort ‘n oudit van die boeke van die omstrede August 26 doen om vas te stel hoe die maatskappy in besit van die verdedigingsministerie deur die jare openbare hulpbronne gebruik het. McHenry Venaani, leier van die PDM, het die verdedigingsminister, Frans Kapofi, in die Nasionale Vergadering gevra hoe ver hierdie ondersoeke is. Kapofi het so gereageer.