Die nuwe Covid-19 regulasies tree net na middernag môre-oggend in werking en duur tot 14 Augustus

Die nuwe Covid-19 regulasies tree net na middernag môre-oggend in werking en duur tot 14 Augustus Die inperkings op streke word dan gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is dan vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens van krag. Skole heropen op Woensdag 4 Augustus. Drankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag tot Vrydag behalwe vir inslaapgaste. Goeie nuus vir restaurante is dat etes toegelaat word, maar gimnasiums bly steeds toe. Dr Geingob het die publiek intussen bedank vir hulle insette om die Covid-19 pandemie te help beveg.