Die NSX het grootste opbrengs gebring in 2021

‘n Ontleding deur Cirrus in die hoofstad, toon dat die beste belegging wat in 2021 kon gedoen wees, was om te belê op die Namibiese aandelebeurs. Die gemiddelde opbrengs was net meer as 34 persent vir die jaar. Die makelaarsfirma sê geld in ‘n spaarrekening het ‘n skamele 3,8 persent verdien en die kommoditeitsindeks op die NSX het net 0,1 persent verdien teenoor 26 persent in 2020. Kenners meen die pandemie het ‘n invloed daarop gehad om beleggings in kommoditeite as veiliger geag word, veral tydens die eerste jaar van Covid en die gepaardgaande onsekerheid. Ongeveer 11 miljard Namibiese dollar is in 2021 op die NSX verhandel.