Die Menseregtekommissie in Suid-Afrika gaan ondersoek oor burgerlike onrus in die buurland doen.

Die Suid -Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n nasionale ondersoek na die burgerlike onrus van verlede maand in die buurland begin. In ‘n verklaring sê die kommissie dat die rol en doeltreffendheid van die staat, veral die polisie en die veiligheidskluster as geheel, onder die kollig sal kom. Die kommissie sal ook onderliggende redes ondersoek wat tot die onrus, plundering en geweld bygedra het.