Die koue, en die reën – weerkenner gesels

Windhoek en ander dele van die land ervaar tans wipplank-weer met koue winderige toestande soggens en saans en warmer weer smiddae. Volgens Johan van den Berg, ‘n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, lyk dit of Namibië baie warm temperature in Oktober kan verwag, maar daar kan steeds kouefronte kom. Van den Berg bring die goeie nuus aan Kosmos 94.1 Nuus dat tropiese vog vanaf die Noorde inbeweeg.