Lede van EFF, IVP, ANC beboet oor nalatigheid om belange te verklaar

Vier lede van die Nasionale Vergadering is bestraf omdat hulle die kode vir etiese gedrag en openbaarmaking van lede se belange oortree het. Dit volg na die aanvaarding van die Gesamentlike Komitee vir Etiese Gedrag en Ledebelange se verslag. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê van die 454 lede wat belange moes verklaar, het slegs vier die sperdatum van 30 November 2021 geïgnoreer. Hulle is Elphas Buthelezi en Mkhuleko Hlengwa van die IVP, Ponani Makhubele van die ANC en Brenda Mathevula van die EFF: