Die jongste oor NamRA se ondersoek na roof by Chinese burger se huis

Die rooftog by die Chinese burger bly in die nuus. Die totale kontant in die man se kluise in sy huis is volgens die polisie se oorspronklike verslag, 1,1 miljoen Namibiese dollar maar, onlangse berigte plaas dit rondom 1,9 miljoen dollar. Die groot hoeveelheid kontant wat Sun Gong in sy huis gehad het, het wenkbroue laat lig en die publiek dring aan om te weet hoe die inkomste-agentskap, NamRA, die kwessie hanteer. Steven Ndorokaze, woordvoerder by die agentskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.