Die fyn lyn tussen nuus breek en etiek, duin-ongeluk bring kwessie na voorgrond

Die media het oor die vakansie deurgeloop na die noodlottige ongeluk van die 13-jarige Pashula Hangula aan die kus op 30 Desember. Verskeie mediahuise het die video van die voertuig wat rol, en waar Hangula uitgeslinger word, op hulle platforms gedeel. Dit na lede van die publiek foto’s van die toneel, met die wrak en sy nommerplaat sigbaar, ook op sosiale media gedeel het. Dit is ‘n groot uitdaging vir die media wat eerste nuus wil breek maar dit met etiek en die gedragskode waaraan hulle onderworpe is, te balanseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die oudredakteur en navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links gesels.