Die DA maak sy verkiesingsmanifes bekend

Stem vir die DA en kry dinge gedoen. Dis die boodskap in die party in Suid-Afrika se manifes. Dis in Kaapstad bekend gestel in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesings in die buurland. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die manifes is reeds in die realiteit bewys aangesien DA-regerings reeds miljoene mense dien. Die party het Kaapstad as voorbeeld van goeie regering voorgehou. Die woordvoerder van die DA, Cilliers Brink, sê die party onderneem om ‘n bondgenoot van inwoners te wees en lewensveranderende leierskap te bied.