Die Bokke verloor maar Namibië wen

Rugby: Engeland het gister die Springbokke op Twickenham met 27-26 verslaan. Die
Engelse het die eerste helfte oorheers en teen rustyd met 17-12 voorgeloop. In die
tweede helfte het die Bokke beter gevaar, maar met kaptein Siya Kolisi op die kantlyn
na ‘n geelkaart, het Engeland hul kanse benut en die oorwinning beklink.En… Namibië
se nasionale span het die Rugby Afrika Stellenbosch reeks teen Zimbabwe met 41-10
gewen.Vyftienman rugby en ‘n goeie wedstrydplan het volgens berigte die deurslag
gegee vir die Namibiese nasionale span om die reeks te wen.