Geldelike probleme kortwiek verskeie Namibiese groenskemaprojekte

Verskeie groenskemaprojekte in die Kavango-streek kan nie hierdie seisoen
somergewasse plant nie weens ‘n gebrek aan finansies vir produksie.Dit sluit die
Shadikongoro- en Ndonga Linena-projekte in wat albei in die Kavango-Oos-streek geleë
is.Ander groenskemaprojekte sal egter steeds plant, maar op kleiner skaal .
Privaat verassing en begrafnisdiens vandag vir wyle oudpresident F.W de Klerk
 ‘n Privaat verassing en begrafnisdiens vir die familie van wyle oudpresident F.W. de
Klerk word vandag gehou. Hy is op 11 November op die ouderdom van 85 jaar aan
kanker oorlede.President Cyril Ramaphosa het ‘n nasionale tydperk van rou van vier
dae verklaar,wat vandag eindig, as ‘n teken van respek vir die oudpresident,en dat die
nasionale vlag halfstok gehys word .