Die As: Root sê daar is werk om te doen

Engeland se kaptein, Joe Root, sê ‘n paar groot besluite moet geneem word in aanloop tot môre se tweede dag-nag-toets om die As teen Australië in Adelaide, veral wat die boul-aanval betref. Ten spyte van Chris Woakes, Mark Wood en Ollie Robinson se indrukwekkende vertonings in die eerste As-toets, is James Anderson en Stuart Broad albei fiks en gereed vir die pienkbal-kragmeting. Root sê Anderson en Broad se ervaring sal deurslaggewend wees: