Die Afrika-unie oor die reisverbod op dele van die vasteland

Die Afrika-unie het lande gemaan om nie oorhaastig ‘n reisverbod teen mense op die vasteland in te stel nie. Dit volg op die ontdekking van die nuwe Omikron-variant van die Covid-19-virus wat glo meer aansteeklik is. Die direkteur van die Afrika Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming, John Nkengasong, sê die geskiedenis van die pandemie toon ‘n reisverbod is eintlik nutteloos om die verspreiding van die virus te keer. Die organisasie moedig pleks daarvan meer waarnemings en data-uitruiling tussen lande aan, asook om meer mense uit hoërisiko-groepe in te ent.