Dickason se saak uitgestel, waarneming vind nog plaas

Die saak teen die Suid-Afrikaanse dokter, Lauren Dickason, wat van die moord op haar drie dogters aangekla word, is vandag in die Timaru-hooggeregshof in Nieu-Seeland uitgestel. Sy was nie in die hof nie omdat die ondersoek na haar geestesgesondheid voortduur. Sy sal hierdie naweek deur ‘n forensiese psigiater ondersoek word. Dickason het haar twee-jarige tweeling, Maya en Karla, en hul ouer suster, die ses-jarige Liane, verlede maand by hul huis in Timaru vermoor. Die meisies se pa, Graham, wat ook ‘n dokter is, het op hul liggame afgekom.