Diaspora se belangrik rol in Windhoek bespreek  

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie met die ondersteuning van die Suider-Afrika Migrasiebestuur-projek, bied ‘n streeks-werkswinkel oor diaspora-betrokkenheid vanaf môre tot Donderdag in Windhoek aan. Die diaspora kan ‘n groot rol speel in die ontwikkeling van Namibië en die streek.  Namibië is besig om die implementeringsplan van die konsep Nasionale Beleid oor die Namibiese diaspora te ontwikkel. Die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Naanda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.