Diana se swartskaap-trui behaal rekord N$21,68m
Prinses Diana se ikoniese swartskaaptrui is op ‘n veiling in New York teen ‘n rekordbedrag van 21,68 miljoen Namibiese dollar verkoop. Dit is ‘n wêreldrekord vir enige kledingstuk wat die wyle Prinses van Wallis gedra het. Diana het die trui die eerste keer in 1981 na ‘n polowedstryd aangehad toe die destydse prins Charles haar die hof gemaak het. Altesaam 44 aanbiedings is op Sotheby’s se veiling vir die trui ontvang. Die afslaer Cynthia Houlton sê die trui bevat ‘n tikkie van Prinses Diana se swier, sjarme en haar skerp gevoel vir mode.