Diana se Escort verkoop vir N$12,9m

Die Ford Escort RS Turbo wat deur wyle Diana, prinses van Wallis gebruik is, is vir 650 000 Britse pond, of net minder as 12,9 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling verkoop. Diana, wat byna 25 jaar gelede dood is, het vanaf Augustus 1985 vir ongeveer drie jaar die swart Ford Escort bestuur. Die motor is uniek omdat die model net in wit vervaardig is maar, is spesiaal vir haar swart geverf omdat koninklikes in swart voertuie vervoer word. Silverstone Auctions in Warwickshire het die veiling hanteer en die koper is onbekend maar is van Cheshire in Engeland.