Diamant-uitvoere skitter in September

Diamante was Namibië se grootste uitvoerkommoditeit in September 2023, wat 22,4 persent van die totale uitvoere beslaan het en bestem was vir Botswana, die Verenigde Arabiese Emirate en België. Sowat 4,7 persent hiervan was heruitvoere, volgens die nuutste handelstatistieke deur die Namibiese Statistieke-agentskap. Uraan was tweede op die lys met 17,1 persent van die totale uitvoere en het gegaan na China, Kanada en Frankryk. Vis-uitvoere na Spanje en Zambië was in die derde posisie met 12,1 persent van uitvoere, waarvan 0,3 persent heruitvoere was. Nie-monetêre goud was vierde op die lys en verantwoordelik vir 10,6 persent van uitvoere. Dit het uitsluitlik na Suid-Afrika gegaan.