Deurwinterde sakeman Hangala gesels oor behuisingstekorte, en oplossings

Asof die werkloosheids-kwessie Namibië nie genoeg is nie, staar die regering kritiek in die gesig vir sy benadering tot behuising. Burgers regoor die land eis steeds behuising van die regering met ‘n beraamde agterstand van meer as 300 000 eenhede. Dr. Leake Hangala, die uitvoerende voorsitter van Hangala-groep en deurwinterde sakeman stem saam dat die kwessie ‘n brandpunt is.

Hy voeg by almal moet bydra tot ‘n oplossing vir die kwessie.