Deurwinterde boere in Kenia sê hongersnood kom

Boere in Kenia het nie net erge uitdagings met die voortslepende droogte nie, daar is ook ‘n tekort aan kunsmis in die land. Die regering het ‘n verligtingsprogram maar, dit voldoen nie aan die vraag nie. Akkerbouers, wat meestal bestaansboere is, sê verder dat die kunsmis wat wel te koop is, 300 persent duurder is as verlede jaar. Een van die bestaansboere, Eliud Njihia, sê in sy dertig jaar van boer, was dinge nog nooit so moeilik nie en hongersnood is op pad.

Intussen is daar berigte dat ander boere wat wintergewasse geplant het misoeste beleef omdat hulle nie geld vir kunsmis gehad het nie. Meer as 1,5 miljoen vee het sedert Oktober verlede jaar gevrek as gevolg van die droogte.