Deurmekaar Europa-weer: Oorstromings in Spanje

Swaar reën in Spanje het oorstromings veroorsaak wat sterk genoeg is om motors weg te voer. Die land se nooddienste word oorval met oproepe van paniekbevange inwoners. ‘n Video wat op Twitter geplaas is, toon vloedwaters wat in ‘n pad in Tarragona, Katalonië afbeweeg en in sommige gebiede vloei die water bo-oor geparkeerde motors. Nog ‘n video toon motors wat meegesleur word. Die weerdiens van Katalonië het meer as 100-millimeter reën in die gebied aangemeld.