Deurbraak in poging tot moord op voormalige waarnemende regter

Die Oos-Kaapse polisie het vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met ‘n poging tot moord op die Oos-Londense prokureur en voormalige waarnemende regter Camagu Maseti. Hy is Vrydagoggend gewond in ‘n klaarblyklik mislukte sluipmoordaanval buite sy kantoor in Vincent. Die skietery hou glo verband met regswerk wat hy gedoen het. Polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê al vyf verdagtes word aangehou op aanklagte van poging tot moord met nog moontlike aanklagte soos die ondersoek vorder.