Twee Israeliese gyselaars gered tydens inval in Rafah

Twee Israeliese gyselaars is bevry tydens ‘n spesiale inval in die stad Rafah in die suide van Gaza, 128 dae nadat hulle gyselaar geneem is. Die twee gyselaars is geïdentifiseer as die 60-jarige Fernando Simon Marman en die 70-jarige Louis Har. Hulle is deur die militante groep Hamas gyselaar geneem tydens die groep se dodelike aanval op Israel op 7 Oktober. Die Palestynse Rooi Halfmaan-organisasie sê intussen meer as 30 mense is in die Israelse lugaanvalle dood toe bomme vanoggend vroeg twee moskees en verskeie huise getref het.