Desert Dashers spring weg

Meer as 900 fietsryers van 17 verskillende lande het in Windhoek weggespring om aan die beroemde Nedbank Desert Dash deel te neem. Die ikoniese, moordende bergfietswedren vind tans deur die Khomas Hochland en die Namib tot by Swakopmund plaas. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus is by die wegspring.