Desember was natste op rekord vir SA-boere

Terwyl die meeste Namibiese boere steeds wag vir die reënseisoen om te begin, lyk die prentjie anders in die buurland. Desember verlede jaar was een van die natste Desembermaande op rekord vir Suid-Afrikaanse boere. Dis die mening van die landbou-weerkundige, Johan van den Berg. Hy sê dis veral in die sentrale landbougebiede van die land waar die gemiddelde reënval vir die maand hoër was as die gemiddelde jaarlikse reënval. Hy voorspel daar gaan hoë reënvalsyfers aan die einde van Januarie in die oostelike dele van die land wees. Vrugteboere in die Wes-Kaap verwag die volgende paar weke gaan droog en warm wees.