DeSantis sal ook muur bou aan suidelike grens

Die poreuse suidelike grens van die VSA is in die nuus in daardie land, veral met die verkiesings wat in November plaasvind. Daar is ‘n toestroming van mense, van regoor die wêreld en daar word beraam dat daar meer as 20 miljoen onwettige immigrante in die land is. Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, wat in die wedloop is vir die Republikeinse presidensiële kandidaat, het tydens ‘n CNN Town Hall sy standpunt in die verband so uitgespreek.