COPE sê talentvolle Suid-Afrikaners moet aansoek doen vir openbare poste

COPE vra alle bekwame en talentvolle Suid-Afrikaanse mans en vroue om aansoek te doen om openbare verteenwoordigers te wees op sy nasionale en nege provinsiale lyste vir die komende nasionale en provinsiale verkiesing. Die party sê enige geskikte en gepaste persoon kan aansoek doen. COPE se waarnemende hoofsekretaris, Erick Mohlapamaswi, sê dit volg nadat die party sy interne raadgewende prosesse afgehandel het, ooreenkomstig Artikel 25 van sy grondwet.