Derek Chauvin appelleer

Die voormalige Minneapolis-polisiebeampte Derek Chauvin het teen sy skuldigbevinding appelleer. Hy is skuldig bevind aan die moord op ‘n swart man, George Floyd. In ‘n video-opname kan gesien word hoe Chauvin sy knie meer as nege minute lank op Floyd se nek druk toe hy hom op 25 Mei verlede jaar in hegtenis geneem het. Die gewese beampte is in Junie tot 22-jaar-en-ses-maande gevonnis. Die saak het wêreldwyd opslae gemaak. Dit het die Black Lives Matter-beweging versterk en betogings teen rasse-ongelykheid en polisiegeweld in Amerika en ander lande laat opvlam.