Derde vlaag vertoon meer as dubbel die syfers van vroeër

Cirrus in die hoofstad het ‘n analise van Covid-gevalle gedoen. Volgens Rome Mostert, een van die stigterslede van Cirrus, is daar tans net meer as 10 400 aktiewe gevalle in die land. Tydens die eerste vlaag infeksies, het Namibië ‘n hoogtepunt in September verlede jaar bereik met ongeveer 5 000 gevalle en tydens die piek van die tweede vlaag in Januarie vanjaar, was die maksimum 4 000 gevalle. In verband met nuwe gevalle, was daar tydens die eerste piek in September 2020 rondom 300 as maksimum daagliks aangemeld. Die tweede vlaag se piek in Januarie vanjaar het gedraai by 700 gevalle daagliks bevestig en tans is die maksimum net meer as 1 400. Sterftes toon presies dieselfde tendens. Die maksimum sterftes in September 2020 was ongeveer ses met 14 wat in Januarie vanjaar aangemeld is. Tot dusver is die maksimum sterftes tydens die derde vlaag op 32.