Derde vlaag plaaslik op pad?

Ten spyte van inentings, neem Covid-gevalle steeds toe. Die VSA het 80 000 nuwe gevalle in 24 uur aangemeld met Brasilië wat 90 000 nuwe gevalle bevestig het. Indië het 131 000 gevalle, Turkye 55 000, Duitsland 24 000 en Iran en Pole 22 000 elk. Daar is vanoggend 134,5 miljoen gevalle internasionaal bevestig met 23 miljoen wat as aktief beskou word. Net meer as 2,9 miljoen mense is dood aan die virus. In Namibië neem gevalle stelselmatig af en Donderdag is daar net 15 positiewe gevalle uit meer as 1 400 toetse bevestig. Maar die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het sy kommer uitgespreek oor bedrywighede oor die Paasnaweek en daar word verwag dat gevalle skerp sal toeneem na die inkubasie periode van ongeveer 2 weke.