Derde vlaag is hier

Die Namibiese gesondheidsministerie het 717 nuwe Covid-19-gevalle in 13 streke uit 3 146-toetsuitslae bevestig. Dit wil sê 23 persent van die toetse wat uitgevoer is, was positief. In die groep is 80 leerders, 17 studente, 33 onderwysers en 11 mynwerkers. Altesaam 280 mense is in die hospitaal, waarvan 47 in hoësorgeenhede is. Twaalf sterfgevalle is aangemeld. Owerhede meen Namibië is nou in die derde vlaag van infeksies.