Spele: vrywilligers bedank

Die organiseerders van die Olimpiese Spele het bevestig dat ongeveer 10 000 van die 80 000 vrywilligers wat na verwagting aan die Spele en die Paralimpiese Spele in Tokio sou deelneem, die afgelope paar maande bedank het. Die geleentheid skop oor minder as 50 dae af. Die meeste van die bedankings was weens gesondheidsvrese, maar ander het onttrek weens skeduleringsprobleme nadat die Spele met meer as ‘n jaar uitgestel is. Internasionale media berig dat sommige van hulle onder die beraamde 80 persent van Japanese kan wees wat daarteen gekant is dat die Spele vanjaar aangebied word.