Derde ronde op Roland Garros vandag beslis

Die laaste wedstryde in die derde ronde van die Franse Ope word vandag op Roland Garros beslis. Vrydag het die jong Italianer, Lorenzo Sonego, ‘n opskudding veroorsaak toe hy die sewende-gekeurde Rus, Andrey Rublev, uitgeskakel het. Die wedstryd is eers in die vyfde stel beslis. Nóg ‘n Rus, die 11de-gekeurde Karen Khachanov, het Thanasi Kokkinakis van Australië verslaan. In die vroue-afdeling het die derde-gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus maklik met Kamilla Rakhimova van Rusland klaargespeel, terwyl die veteraan, Elise Mertens van België, die derde-gekeurde Amerikaner, Jessica Pegula, uitgeskakel het.