Depp sê hy het nog nooit ‘n hand vir ‘n vrou gelig nie

Die saak waar Johnny Depp sy eksvrou Amber Heard vir 50 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding dagvaar, duur voort in die hof in Fairfax, Virginia. Depp sê Heard belaster hom nadat sy gesê het sy was vir maande lank die slagoffer van huishoudelike geweld. Depp het in die hof getuig en sê hy het nog nooit sy hand vir Heard of enige ander vrou gelig nie.