Deokaran-moord moet vervolg word, sê Saftu

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu sê die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran kan nie ongestraf bly nie want dit sal die idee versterk dat amptenare in die regering en privaat-maatskappye wat teen korrupsie optree sonder enige gevolge doodgemaak kan word. ‘n Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, sê dit sal ‘n slag wees teen goeie mans en vroue wat teen korrupsie gekant is, en die stryd teen korrupsie kniehalter: