Denosa waarsku oor fop-instansies

Die buurland se verplegingsorganisasie, Denosa, waarsku diegene wat ná matriek verpleegkunde wil studeer om bewus te wees van moontlike vals verpleegkolleges. Vals instansies neem gewoonlik hierdie tyd van die jaar toe. Denosa se woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê elke hoër onderwysinstelling wat wettige verplegingskursusse aanbied, moet volgens wet by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging geregistreer en geakkrediteer wees. Dit is die land se reguleringsliggaam vir verpleging: