Denosa tree aan by staatsrede gesprek

Die verpleegvakbond, Denosa verwag dat President Cyril Ramaposa baie klem sal plaas op die Nasionale Gesondheidsversekering en die land se verswakkende gesondheidsorgdienste tydens môre se staatsrede. Die vakbond sê baie Suid-Afrikaners word ontneem van gehalte-gesondheidsorg weens voortdurende tekorte aan personeel en hulpbronne. Denosa se woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê daar is geen manier dat Suid-Afrika spesialisverpleegkundiges vanaf ontwikkelde lande sal lok nie, maar uit armer lande: