Denemarke se weermag skiet vier seerowers dood langs kus van Wes-Afrika

Denemarke se weermag het bevestig dat sy soldate vier seerowers doodgeskiet het tydens ‘n voorval aan die kus van Wes-Afrika. ‘n Oorlogskip se bemanning is naby die Nigeriese kus aangeval toe agt seerowers hulle met ‘n snelboot genader het waaop lere en ander toerusting was. Internasionale media berig die bemanning het waarskuwingskote geskiet, maar die seerowers het dit geïgnoreer en op die Deense soldate losgebrand. Buiten die vier sterftes, is nog ‘n aanvaller gewond. Nie een van die oorlogskip se bemanning is beseer nie