Pres. Hage Geingob deel ikoniese foto op sy sosiale media

‘n Baie ikoniese politieke foto, beskryf politieke analis, dr. Ndumba Kamwanya, die foto van die Namibiese stigterspresident Sam Nujoma, saam met sy opvolger Nghifikepunye Pohamba, asook die huidige President, dr. Hage Geingob, wat hy op sosiale media gedeel het. Geingob sê hy waardeer die ervaring en wysheid van sy voorgangers om Namibië vorentoe te neem, nadat hy konsultasies oor belangrike landsake met hulle gehad het. Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is iets waarop Namibiërs trots kan wees.