Denemarke meld weer rekord Covid-getalle aan, inperkings geld

Denemarke het aangekondig dat hy fliek-teaters, teaters en konsert-sale gaan sluit en beperkings gaan plaas op restaurante. Dit is weens ‘n rekord-aantal daaglikse nuwe Covid-19 gevalle, wat versnel word deur die Omikron-variant. Die Skandinawiese land het meer as 11 000 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken in die afgelope 24 uur. Dit is die hoogste daaglikse getal positiewe gevalle tot op hede. Denemarke is een van die lande met die hoogste aantal bevestigde Omikron-gevalle ter wêreld. Restaurante en nagklubs sal nou ‘n uur vroeër, om 11-uur saans moet sluit, terwyl alkoholverkope nou ná tien-uur saans verbied word.