Demokrate vat geskiedkundige wen in Arizona

Tot almal se verbasing het die Demokraat Katie Hobbs die Arizona-goewerneurswedloop teen die Trump-kandidaat Kari Lake gewen met 50,4 persent teenoor Lake se 49,6 persent. Arizona, die tuiste van John McCain, was nog altyd Republikeins maar kenners meen dat die ekstremiste in die Republikeine nie die deelstaat kon verower nie. Lake het ook voorheen aan sogenaamde McCain-Republikeine gesê hulle kan hel toe vlieg. Intussen is die Senaat-tellings onveranderd op 50 vir die Demokrate en 49 vir die Republikeinse party. In die Huis van Verteenwoordigers het die Demokrate 204 teenoor die Republikeine se 214. ‘n Totaal van 218 is nodig vir ‘n meerderheid.