Delta-variant is tans dominant

Internasionale media berig dat die sogenaamde delta-variant van Covid wat eerste in Indië geïdentifiseer is, die dodelikste nog is. Delta is 2,5 keer meer aansteeklik as die eerste weergawe van Covid-19, terwyl gamma, afkomstig van Brasilië, 2 keer meer aansteeklik is. Alpha van Brittanje en beta van Suid-Afrika is 1,5 keer meer aansteeklik en epsilon van die VSA is ongeveer 0,5 keer meer aansteeklik. Die variant is reeds in meer as 70 lande geïdentifiseer en dit is die dominante variant van Covid in talle lande wat Kanada, Indonesië, Pakistan, Portugal en Rusland insluit. Dr. Bernard Haufiku, die voormalige Namibiese gesondheidsminister het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat variante groot kommer behoort te wek.