Delta is hier, los tog ivermektien – spesialis

Dit is ‘n nasionale poging om die Covid-pandemie te bestry. President Hage Geingob moet hom berus op verskillende kundiges op ‘n verskeidenheid terreine wanneer hy die land toespreek. Aan sy kant was dr. Ismael Katjitae, voorsitter van die nasionale tegniese advieskomitee vir MIV/Vigs-reaksie in Namibië. Dr. Katjitae het geantwoord op die vraag of Delta-variant van Covid in Namibië is. Hy het gesê hoewel dit nie gerapporteer word nie, is dit duidelik dat die Delta-variant in die omtrek is op grond van hoe die Covid-gevalle styg.

Die dokter betwyfel ook die sogenaamde nut van ivermektien. Hy het gemaan dat mense baie versigtig moet wees om dit te gebruik.