Delgado en Lühl verloor in hooggeregshof

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het geslaag in sy appèl teen die bevinding van die hoërhof dat die egpaar, Phillip Lühl en Guillermo Delgado se seun Yona Namibiese burgerskap moet ontvang. ‘n Volbank regters in die hooggeregshof het die beslissing gemaak. Die uitspraak, wat deur regter Petrus Damaseb onderteken is, dui aan dat Yona se geboorte as Namibiër, al was dit deur middel van ‘n surrogaat, moes by die Namibiese ambassade in Suid-Afrika, binne ‘n jaar geregistreer word. Dit was deel van ‘n teenaansoek deur die ministerie wat in die hoërhof gebring is maar, nie aangehoor is nie.