Deel van beleërde Charlotte Maxeke vandag heropen

Die buurland se gesondheidsminister Joe Phaahla gaan vandag ‘n besoek bring aan en die ongeluk- en noodeenhede van die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese hospitaal amptelik heropen. ‘n Woordvoerder van die departement van Gesondheid, Foster Mohale, sê dit is in ooreenstemming met ‘n onderneming wat verlede maand gegee is. Mohale voeg by die heropening van die eenhede is deel van die infaseringsbenadering om die hospitaal te herstel na ‘n brand in April verlede jaar groot skade aan die inrigting aangerig het: