De Ruyter swyg oor ‘omkoop-politikus’ se naam

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge ingelig hy wil nie voortgesette ondersoeke oor korrupsiebewerings by die kragvoorsiener in gedrang bring nie. Hy verskyn aanlyn voor die komitee as deel van ‘n breër ondersoek na Eskom. De Ruyter het aangedui die geraamde 1 miljard Suid-Afrikaanse rand wat elke maand by Eskom gesteel word, is ‘n konserwatiewe bedrag. Hy het geweier om die naam van die senior politikus bekend te maak wat hy beweer by korrupsie by Eskom betrokke is: